Ou Testament

Nuwe Testament

Job 38:26-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. om te laat reën op ’n land waar geen mens is nie, op ’n woestyn waar niemand woon nie;

27. om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit?

28. Het die reën ’n vader? Of wie verwek die doudruppels?

29. Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn? En die ryp van die hemel — wie baar dit?

30. Die waters word hard soos ’n klip, en die oppervlakte van die watervloed sluit aanmekaar.

31. Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Of die toue van die Oríon losmaak?

32. Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei?

33. Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel?

34. Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat ’n oorvloed van water jou oordek?

35. Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons!

36. Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte?

37. Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die hemel — wie giet hulle leeg

38. wanneer die stof saamvloei tot ’n stuk gietwerk en die kluite aanmekaar klewe?

Lees volledige hoofstuk Job 38