Ou Testament

Nuwe Testament

Job 37:9-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.

10. Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.

11. Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;

12. en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:

13. òf tot ’n tugroede, òf tot nut van sy aarde, òf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.

14. LUISTER hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.

15. Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?

16. Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?

17. U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suide wind —

18. kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos ’n gegote spieël?

19. Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.

20. Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word?

21. En nou, ’n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.

22. Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit.

Lees volledige hoofstuk Job 37