Ou Testament

Nuwe Testament

Job 34:4-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.

5. Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem.

6. Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!

7. Waar is ’n man soos Job wat godslastering drink soos water?

8. Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense?

9. Want hy het gesê: Dit baat ’n man niks dat hy ’n welgevalle aan God het nie.

10. DAAROM, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg!

11. Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens ’n man se wandel laat Hy hom ondervind.

12. Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie.

13. Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond?

14. As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek,

15. dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.

16. As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde.

17. Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?

Lees volledige hoofstuk Job 34