Ou Testament

Nuwe Testament

Job 34:26-37 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. Hy straf hulle soos goddelose op die plek waar almal dit sien,

27. omdat hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee het nie —

28. om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor.

29. En gee Hý rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? — of dit al ’n nasie betref of ’n mens, almal saam;

30. sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.

31. WANT sê iemand wel tot Gód: Ek boet sonder dat ek sleg handel;

32. wat ek nie insien nie, leer Ú my dit; ás ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie —

33. moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat ú moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet — spreek dit uit!

34. Manne van verstand sal vir my sê, en ’n wyse man wat my aanhoor:

35. Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.

36. Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners.

37. Want hy voeg ’n oortreding by sy sonde; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen God.

Lees volledige hoofstuk Job 34