Ou Testament

Nuwe Testament

Job 34:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het Elíhu aangehef en gesê:

2. Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het!

3. Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe.

4. Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.

5. Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem.

6. Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!

Lees volledige hoofstuk Job 34