Ou Testament

Nuwe Testament

Job 33:22-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.

23. Is daar dan vir hom ’n gesant, ’n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee;

24. en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het ’n losprys gevind —

25. dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.

26. Hy bid tot God, en Hy het ’n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld Hy dan aan die mens sy geregtigheid.

27. Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie.

28. Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig.

29. Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja, drie keer met ’n mens

30. om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.

31. Let op, o Job! Luister na my; swyg, en ék sal spreek.

32. As u woorde het, antwoord my; spreek, want ek wil u graag gelyk gee.

33. So nie, luister ú dan na my; swyg, en ek sal u wysheid leer.

Lees volledige hoofstuk Job 33