Ou Testament

Nuwe Testament

Job 30:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN nóú lag hulle wat jonger is as ek, my uit — mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit.

2. Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan.

3. Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting;

4. hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood.

5. Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor ’n dief.

6. In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.

7. Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar —

8. dwase, ja, eerlose mense wat met ’n sweep uit die land geslaan word.

Lees volledige hoofstuk Job 30