Ou Testament

Nuwe Testament

Job 3:9-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Mag die sterre van sy môreskemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie.

10. Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.

11. Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?

12. Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?

13. Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,

14. saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;

15. of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.

16. Of ek sou, soos ’n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.

17. Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.

18. Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.

19. Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.

20. WAAROM gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;

21. wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;

22. wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?

23. Waarom gee Hy lig aan ’n man wie se weg verborge is, ’n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?

24. Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.

25. As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.

Lees volledige hoofstuk Job 3