Ou Testament

Nuwe Testament

Job 3:16-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Of ek sou, soos ’n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.

17. Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.

18. Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.

19. Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.

20. WAAROM gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;

21. wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;

22. wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?

23. Waarom gee Hy lig aan ’n man wie se weg verborge is, ’n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?

24. Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.

25. As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.

26. Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!

Lees volledige hoofstuk Job 3