Ou Testament

Nuwe Testament

Job 29:18-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. So het ek dan gedink: By my nes sal ek die asem uitblaas, en soos die feniks my dae vermenigvuldig.

19. My wortel staan oop na die water toe, en dou vernag op my tak.

20. My eer is altyd nuut by my, en my boog bly jonk in my hand.

21. NA my het hulle geluister vol verwagting, en hulle het stil my raad aangehoor.

22. Ná my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup.

23. En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns.

24. Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.

25. Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman en woon soos ’n koning onder die skare, soos een wat treuriges vertroos.

Lees volledige hoofstuk Job 29