Ou Testament

Nuwe Testament

Job 29:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:

2. Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het;

3. toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het;

4. soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was;

5. toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my;

6. toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het.

7. Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het,

8. het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan.

9. Vorste het hulle woorde ingehou en die hand op hul mond gelê.

10. Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte.

11. Want het ’n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het ’n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis.

12. Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie.

Lees volledige hoofstuk Job 29