Ou Testament

Nuwe Testament

Job 27:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:

2. So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het —

3. want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus —

4. my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie!

5. Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie.

6. Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie.

7. MY vyand moet dus verskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener.

8. Want wat is die verwagting van die goddelose as Hy afsny — as God sy siel wegneem?

9. Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom?

10. Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep?

Lees volledige hoofstuk Job 27