Ou Testament

Nuwe Testament

Job 26:11-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.

12. Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.

13. Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.

14. Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat ’n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?

Lees volledige hoofstuk Job 26