Ou Testament

Nuwe Testament

Job 24:4-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Hulle stoot die behoeftiges van die pad af; die ellendiges van die land kruip almal saam weg.

5. Kyk, soos wilde-esels in die woestyn trek hulle uit na hul werk, terwyl hulle soek na voedsel; die wildernis lewer brood vir hulle, vir die kinders.

6. Op die veld gaan hulle voer haal, en in die wingerd van die goddelose hou hulle na-oes.

7. Naak bring hulle die nag deur, sonder klere, en hulle het geen bedekking teen die koue nie.

8. Van die stortbui van die berge word hulle nat; en by gebrek aan skuiling druk hulle hul teen die rotse vas.

9. Hulle ruk die weeskind van die bors af; en wat die arme aan het, verpand hulle.

10. Naak gaan hulle heen, sonder klere; en terwyl hulle honger het, dra hulle gerwe aan.

11. Tussen die mure van dié mense pars hulle olie, trap die parskuipe terwyl hulle versmag van dors.

12. Uit die stad kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee God geen ag op die ongerymdheid daarvan nie.

Lees volledige hoofstuk Job 24