Ou Testament

Nuwe Testament

Job 23:12-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.

13. MAAR Hy bly onveranderlik Een — wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy.

14. Want Hy sal volbring wat oor my besluit is, en baie sulke dinge is daar by Hom.

15. Daarom is ek verskrik voor sy aangesig; as ek daarop ag gee, vrees ek vir Hom.

16. En God het my hart week gemaak, en die Almagtige het my verskrik.

17. Want ek vergaan nie vanweë die duisternis of vanweë my eie aangesig wat deur donkerheid oordek is nie.

Lees volledige hoofstuk Job 23