Ou Testament

Nuwe Testament

Job 22:4-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Is dit oor jou Godsvrees dat Hy jou bestraf, dat Hy met jou na die gereg gaan?

5. Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie?

6. WANT jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.

7. Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood onthou.

8. Maar aan die man van geweld — aan hom behoort die land; en die aansienlike — hy moet daarin woon!

9. Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.

10. Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik.

11. Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek?

12. IS God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.

13. Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou?

14. Wolke is ’n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy.

15. Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het,

16. wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos ’n stroom,

17. wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?

Lees volledige hoofstuk Job 22