Ou Testament

Nuwe Testament

Job 22:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:

2. Kan ’n man aan God ’n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige ’n diens.

3. Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat jy onberispelik wandel?

4. Is dit oor jou Godsvrees dat Hy jou bestraf, dat Hy met jou na die gereg gaan?

5. Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie?

6. WANT jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.

Lees volledige hoofstuk Job 22