Ou Testament

Nuwe Testament

Job 20:2-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.

3. ’n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.

4. WEET jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:

5. dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir ’n oomblik?

6. Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke —

7. soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?

8. Soos ’n droom vlieg hy weg, sodat ’n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos ’n naggesig.

9. Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.

10. Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.

11. Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof.

12. AL smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,

13. al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte —

Lees volledige hoofstuk Job 20