Ou Testament

Nuwe Testament

Job 2:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN op ’n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die Here te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die Here te stel.

2. Toe vra die Here vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die Here en sê: Van ’n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.

3. En die Here vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.

4. Toe het die Satan die Here geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;

5. maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan — waarlik, hy sal U in u aangesig seën!

6. En die Here sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.

7. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die Here, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.

8. En hy het vir hom ’n potskerf geneem om hom daarmee te krap, terwyl hy in die as sit.

Lees volledige hoofstuk Job 2