Ou Testament

Nuwe Testament

Job 17:4-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Want U het húlle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie.

5. Hy wat vriende aanklaag vir ’n buitaandeel — die oë van sy kinders sal versmag.

6. Maar Hy het my ’n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug.

7. Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos ’n skaduwee.

8. Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand.

9. Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.

10. MAAR, kom maar altyd weer aan, julle almal! ’n Wyse vind ek onder julle tog nie.

11. My dae is verby, my planne tot niet, die wense van my hart.

12. Van die nag maak hulle ’n dag; lig, sê hulle, is naby vanweë die duisternis.

13. As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei,

14. die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster,

Lees volledige hoofstuk Job 17