Ou Testament

Nuwe Testament

Job 15:2-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Sal ’n wyse man met winderige wetenskap antwoord gee en sy buik vul met oostewind —

3. deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie?

4. Ja, jý breek die Godsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God.

5. Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges.

6. Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou.

7. Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?

8. Het jy in die raad van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek?

9. Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat in ons nie is nie?

10. Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ryker in dae as jou vader.

11. Is die vertroostinge van God vir jou te min, en ’n woord met sagtheid jou toegespreek?

12. WAAROM sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so —

13. dat jy jou toorn rig teen God en sulke woorde uit jou mond laat uitgaan?

14. Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit ’n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?

15. Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie;

16. hoeveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water!

17. Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel;

18. wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders afoorgelewer;

19. aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie.

20. AL sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is.

21. Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom.

Lees volledige hoofstuk Job 15