Ou Testament

Nuwe Testament

Job 1:7-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Toe vra die Here vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die Here en sê: Van ’n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.

8. En die Here vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.

9. En die Satan antwoord die Here en sê: Is dit verniet dat Job God vrees?

10. Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.

11. Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het — waarlik, hy sal U in u aangesig seën!

12. Daarop sê die Here aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die Here.

13. En op ’n dag, terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer,

14. kom ’n boodskapper na Job en sê: Terwyl die beeste aan ploeë was en die esels aan wei langs hulle,

15. het die Sabeërs ’n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

16. Terwyl dié een nog spreek, kom daar ’n ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

Lees volledige hoofstuk Job 1