Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 9:6-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die Here van die leërskare sal dit doen.

7. DIE Here stuur ’n woord in Jakob, en dit val in Israel;

8. en die hele volk sal dit gewaarword, Efraim en die inwoners van Samaría, wat in trotsheid en grootsheid van hart sê:

9. Die bakstene het geval, maar met gekapte klip sal ons bou; die wildevyebome is afgekap, maar ons sal seders in hulle plek neem!

10. Maar die Here gee aan die teëstanders van Resin die oorhand oor hulle, en hulle vyande sal Hy ophits:

Lees volledige hoofstuk Jesaja 9