Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 8:14-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Dan sal Hy vir julle ’n heiligdom wees, maar ’n klip waar ’n mens teen stamp en ’n rots waar ’n mens oor struikel, vir die twee huise van Israel, ’n vangnet en ’n strik vir die inwoners van Jerusalem.

15. En baie onder hulle sal struikel en val en verbreek en verstrik en gevang word.

16. Bind die getuienis toe, verseël die wet in die hart van my leerlinge.

17. En ek sal wag op die Here, wat sy aangesig verberg vir die huis van Jakob, en op Hom hoop.

18. Hier is ek en die kinders wat die Here my gegee het — tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die Here van die leërskare wat op die berg Sion woon.

19. En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel — moet ’n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?

20. Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ’n volk wat geen dageraad het nie.

21. Dan sal hulle deur die land trek, beswaard en honger; en as hulle honger het, sal hulle in toorn uitbreek en hulle koning en hulle God vloek; dan sal hulle na bo kyk,

Lees volledige hoofstuk Jesaja 8