Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 7:4-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. en sê vir hom: Neem jou in ag en wees gerus; wees nie bevrees en laat jou hart nie week word oor hierdie twee rokende stukke brandhout nie — weens die gloeiende toorn van Resin en die Arameërs en van die seun van Remália;

5. omdat Aram onheil teen jou besluit het, Efraim en die seun van Remália, deur te sê:

6. Laat ons optrek teen Juda en dit skrik aanjaag en dit vir ons verower en die seun van Tábeal daaroor koning maak.

7. So sê die Here Here: Dit sal nie tot stand kom nie, en dit sal nie gebeur nie.

8. Want Damaskus is die hoof van Aram, en Resin die hoof van Damaskus, en binne vyf-en-sestig jaar sal Efraim verbreek word, sodat dit geen volk meer is nie;

9. en Samaría is die hoof van Efraim, en die seun van Remália die hoof van Samaría. As julle nie glo nie — voorwaar, dan sal julle nie bevestig word nie!

10. En die Here het verder met Agas gespreek en gesê:

11. Eis vir jou ’n teken van die Here jou God: sak diep af na die doderyk, of klim hoog op boontoe.

12. Maar Agas het geantwoord: Ek sal nie eis nie en die Here nie versoek nie.

13. Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie?

14. Daarom sal die Here self aan julle ’n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en hom Immánuel noem.

15. Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is.

16. Want voordat die seuntjie weet om te verwerp wat kwaad is en te kies wat goed is, sal die land vir wie se twee konings jy bang is, verlate wees.

17. Maar die Here sal oor jou en jou volk en die huis van jou vader dae laat kom soos daar nie gekom het van die dag dat Efraim van Juda afgeval het nie — die koning van Assur!

18. En in dié dag sal die Here vir die vlieë fluit wat aan die einde van die strome van Egipte is, en die bye wat in die land Assur is;

Lees volledige hoofstuk Jesaja 7