Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 7:4-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. en sê vir hom: Neem jou in ag en wees gerus; wees nie bevrees en laat jou hart nie week word oor hierdie twee rokende stukke brandhout nie — weens die gloeiende toorn van Resin en die Arameërs en van die seun van Remália;

5. omdat Aram onheil teen jou besluit het, Efraim en die seun van Remália, deur te sê:

6. Laat ons optrek teen Juda en dit skrik aanjaag en dit vir ons verower en die seun van Tábeal daaroor koning maak.

7. So sê die Here Here: Dit sal nie tot stand kom nie, en dit sal nie gebeur nie.

8. Want Damaskus is die hoof van Aram, en Resin die hoof van Damaskus, en binne vyf-en-sestig jaar sal Efraim verbreek word, sodat dit geen volk meer is nie;

9. en Samaría is die hoof van Efraim, en die seun van Remália die hoof van Samaría. As julle nie glo nie — voorwaar, dan sal julle nie bevestig word nie!

10. En die Here het verder met Agas gespreek en gesê:

11. Eis vir jou ’n teken van die Here jou God: sak diep af na die doderyk, of klim hoog op boontoe.

12. Maar Agas het geantwoord: Ek sal nie eis nie en die Here nie versoek nie.

13. Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie?

Lees volledige hoofstuk Jesaja 7