Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 7:19-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. en hulle sal kom en almal gaan sit in die dale van die steil hoogtes en in die skeure van die rotse en op al die doringbosse en op die drinkplekke.

20. In dié dag sal die Here met die skeermes wat anderkant die Eufraat gehuur is, met die koning van Assur, afskeer die hoof en die hare van die voete; en dit sal ook die baard wegneem.

21. En in dié dag sal ’n man ’n jong koei en ’n paar skape in die lewe hou;

22. en weens die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet; want dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het.

23. En in dié dag sal elke plek waar duisend wingerdstokke staan, wat die waarde van duisend sikkels silwer het, vir die dorings en distels wees.

24. Met pyl en boog sal hulle daarheen kom, want die hele land sal vol dorings en distels wees.

25. En al die berge wat met die pik bewerk is — daar sal hulle uit vrees vir dorings en distels nie kom nie; maar dit sal dien om die beeste in te jaag en om deur die kleinvee vertrap te word.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 7