Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 64:6-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En ons het almal geword soos ’n onreine, en al ons geregtighede soos ’n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.

7. En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.

8. Maar nou, Here, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.

9. Here, wees nie uitermate toornig nie, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; aanskou dit tog dat ons almal u volk is.

10. U heilige stede het ’n woestyn geword; Sion het ’n woestyn geword, Jerusalem ’n wildernis.

11. Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het ’n puinhoop geword.

12. Here, sal U by hierdie dinge U bedwing? Sal U swyg en ons uitermate verdruk?

Lees volledige hoofstuk Jesaja 64