Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 63:14-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van die Here hulle na die rus gelei. Só het U u volk gelei, om vir U ’n heerlike Naam te maak.

15. Kyk van die hemel neer en aanskou uit u heilige en heerlike woning! Waar is u ywer en u magtige dade? Die ontroering van u binneste en u barmhartighede het hulle jeens my ingehou.

16. Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U, o Here, is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u Naam.

17. Here, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

18. U heilige volk het dit vir ’n kort rukkie besit; ons teëstanders het u heiligdom vertrap.

19. Ons het geword soos hulle oor wie U nie van ouds af geheers het nie, oor wie u Naam nie uitgeroep is nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 63