Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 63:11-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?

12. Wat sy heerlike arm laat trek het aan die regterhand van Moses; wat die waters voor hulle uit gekloof het, om vir Hom ’n ewige Naam te maak?

13. Wat hulle deur die watervloede laat trek het soos ’n perd deur die woestyn, sonder om te struikel?

14. Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van die Here hulle na die rus gelei. Só het U u volk gelei, om vir U ’n heerlike Naam te maak.

15. Kyk van die hemel neer en aanskou uit u heilige en heerlike woning! Waar is u ywer en u magtige dade? Die ontroering van u binneste en u barmhartighede het hulle jeens my ingehou.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 63