Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 62:6-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. o Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die Here herinner aan sy beloftes — moenie rus nie

7. en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot ’n lof op aarde!

8. Die Here het gesweer by sy regterhand en by sy magtige arm: Waarlik, Ek sal jou koring nie meer gee dat jou vyande dit eet nie, en uitlanders sal jou mos nie drink waarvoor jy gewerk het nie.

9. Maar hulle wat dit insamel, sal dit eet en die Here prys; en hulle wat dit oes, sal dit drink in my heilige voorhowe.

10. Gaan in, gaan in deur die poorte, berei die weg van die volk! Vul op, vul op die grootpad, gooi die klippe weg, steek ’n banier op oor die volke!

11. Kyk, die Here laat dit hoor tot by die einde van die aarde: Sê aan die dogter van Sion: Kyk, jou heil kom; kyk, sy loon is by Hom en sy beloning is voor sy aangesig.

12. En hulle sal genoem word: die heilige volk, die verlostes van die Here; en jy sal genoem word: die begeerde, die stad wat nie verlaat is nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 62