Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 60:12-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Want die nasie en die koninkryk wat jou nie sal dien nie, sal ondergaan, en dié nasies sal seker verwoes word.

13. Die heerlikheid van die Líbanon sal na jou toe kom, die sipres, die plataan en die denneboom almal saam, om te versier die plek van my heiligdom; en Ek sal die plek van my voete heerlik maak.

14. En die seuns van hulle wat jou verdruk het, sal gebukkend na jou toe trek; en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole; en hulle sal jou noem: Stad van die Here, Sion van die Heilige van Israel.

15. In plaas dat jy verlate en gehaat is sonder dat iemand daar deurtrek, sal Ek jou maak tot ’n ewige heerlikheid, ’n vreugde van geslag tot geslag.

16. En jy sal die melk van nasies suig en die bors van konings suig en sal weet dat Ek, die Here, jou Heiland is, en jou Losser die Magtige van Jakob.

17. Vir koper bring Ek goud en vir yster bring Ek silwer, en vir hout koper en vir klippe yster; en Ek sal Vrede as jou owerheid aanstel en Geregtigheid as jou bestuurders.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 60