Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 60:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. STAAN op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op.

2. Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.

3. En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang.

4. Slaan jou oë rondom op en kyk — hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe; jou seuns kom van ver, en jou dogters word op die heup gedra.

5. Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal ontroer en verruim word; want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 60