Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 55:6-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.

7. Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.

8. Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here.

9. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.

10. Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter;

11. so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.

12. Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die veld in die hande klap.

13. Vir ’n doringboom sal ’n sipres opgaan; vir ’n distel sal ’n mirteboom opgaan; en dit sal vir die Here wees tot ’n naam, tot ’n ewige teken wat nie uitgeroei sal word nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 55