Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 50:7-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Maar die Here Here help My; daarom kom Ek nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos ’n keisteen, en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie.

8. Hy is naby wat My reg verskaf. Wie wil met My ’n regsaak begin? — laat ons saam optree! Wie is my teëparty? — laat hom nader kom na My toe!

9. Kyk, die Here Here help My: wie is dit wat My kan veroordeel? Kyk, hulle sal almal verslyt soos ’n kleed; die mot sal hulle eet.

10. Wie is daar onder julle wat die Here vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? — laat hy vertrou op die Naam van die Here en steun op sy God!

11. Kyk, julle almal wat ’n vuur aansteek, wat julle met vuurpyle omgord — wandel in die vlam van julle vuur en onder die vuurpyle wat julle aangesteek het! Van my hand het dit julle oorgekom; in smart sal julle neerlê.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 50