Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 41:25-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. Ek het uit die Noorde een verwek, en hy het gekom; van die opgang van die son af een wat my Naam sal aanroep; en hy kom oor die owerstes soos oor modder, en soos ’n pottebakker die klei trap.

26. Wie het dit te kenne gegee van die begin af, dat ons daar kennis van kan neem; of vantevore al, dat ons kan sê: Hy het reg? Ja, daar is niemand wat dit te kenne gee, ja, niemand wat dit laat hoor, ja, niemand wat julle woorde hoor nie.

27. As die Eerste sê Ek aan Sion: Hier, hier is dit! En aan Jerusalem gee Ek ’n verkondiger van goeie boodskap.

28. En Ek kyk rond, maar daar is niemand nie; en onder hulle, maar daar is geen raadgewer, dat Ek hulle kan vra en hulle antwoord kan gee nie.

29. Kyk, hulle is almal niks, hulle werke is niks, wind en nietigheid is hulle gegote beelde.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 41