Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 40:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TROOS, troos my volk, sê julle God.

2. Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die Here dubbel ontvang het vir al haar sondes.

3. ’n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die Here; maak gelyk in die wildernis ’n grootpad vir onse God!

4. Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet ’n gelykte en die rotsagtige plekke ’n laagte word.

5. En die heerlikheid van die Here sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die Here het dit gespreek.

6. ’n Stem sê: Roep! En hy vra: Wat moet ek roep? Alle vlees is gras, en al sy aanvalligheid soos ’n blom van die veld.

7. Die gras verdor, die blom verwelk as die asem van die Here daarin blaas. Voorwaar, die volk is gras!

Lees volledige hoofstuk Jesaja 40