Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 37:33-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

33. Daarom, so sê die Here aangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet nie en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opwerp nie.

34. Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die Here.

35. En Ek sal hierdie stad beskut om dit te verlos, om My en om my kneg Dawid ontwil.

36. Toe het die engel van die Here uitgetrek en in die laer van Assirië honderd-vyf-en-tagtigduisend verslaan. En toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak — was dit almal dooie liggame.

37. En Sánherib, die koning van Assirië, het opgebreek en weggetrek en teruggegaan en in Ninevé gebly.

38. En toe hy hom neerbuig in die tempel van sy god Nisrog, het sy seuns Adramméleg en Saréser hom met die swaard neergeslaan. Maar hulle het ontvlug na die land Árarat; en sy seun Esar-Haddon het koning geword in sy plek.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 37