Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 36:12-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Maar die rábsake het gesê: Het my heer my na jou heer en na jou gestuur om hierdie woorde te spreek? Is dit nie na die manne wat op die muur sit, dat hulle hul eie drek kan eet en hul eie water kan drink saam met julle nie?

13. Toe gaan die rábsake staan en roep hardop in die Joodse taal en sê: Hoor die woorde van die groot koning, die koning van Assirië!

14. So sê die koning: Laat Hiskía julle nie bedrieg nie, want hy sal julle nie kan red nie.

15. En Hiskía moet julle nie op die Here laat vertrou nie deur te sê: Die Here sal ons sekerlik red; hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.

16. Luister nie na Hiskía nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put,

Lees volledige hoofstuk Jesaja 36