Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 34:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. KOM nader, o volke, om te hoor; en nasies, luister! Laat die aarde hoor, en die volheid daarvan, die wêreld en alles wat daaruit voortkom.

2. Want die toorn van die Here is oor al die nasies, en grimmigheid oor al hulle leërskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word.

3. En hulle gesneuweldes sal weggewerp word, en die stank van hulle lyke gaan op, en die berge smelt van hulle bloed.

4. En al die leërskare van die hemel vergaan, en die hemel word inmekaar gerol soos ’n boek en al sy leërskare val af soos ’n blad van die wingerdstok afval en soos vye afval van die vyeboom.

5. Want my swaard het dronk geword in die hemel; kyk, dit kom af op Edom en op die volk van my banvloek, om geoordeel te word.

6. Die swaard van die Here is vol bloed, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme; want die Here het ’n slagoffer in Bosra en ’n groot slagting in die land Edom.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 34