Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 32:4-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. en die hart van die onbedagsames sal leer om te verstaan, en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te spreek;

5. die dwaas sal nie meer ’n edele genoem word nie, en van die skelm sal nie gesê word dat hy vernaam is nie.

6. Want ’n dwaas spreek dwaasheid en sy hart bring onheil voort, deur goddeloosheid te bedrywe en dwaling te spreek oor die Here, deur die begeerte van die hongerige onvervuld te laat en die drank van die dorstige te laat ontbreek.

7. En die skelm — sy middele is sleg, hý beraam skandelike dade om die ellendiges te ruïneer met leuentaal, ook as die behoeftige spreek wat reg is.

8. Maar die edele beraam edele dade, en hý hou stand in wat edel is.

9. STAAN op, geruste vroue, hoor my stem! Sorgelose dogters, luister na my woord!

10. ’n Jaar en ’n paar dae — en julle sal sidder, sorgelose dogters! Want dit is gedaan met die druiwe-oes, daar sal geen insameling van vrugte kom nie.

11. Bewe, geruste vroue! Sidder, sorgelose dogters! Trek julle uit, ontbloot julle en gord rougewade om julle lendene.

12. Hulle slaan op die bors vanweë die begeerlike velde, vanweë die vrugbare wingerdstok;

Lees volledige hoofstuk Jesaja 32