Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 32:14-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die Heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, ’n vreugde vir die wilde-esels, ’n weiveld vir die troppe vee —

15. totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn ’n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir ’n bos gereken.

16. En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord.

17. En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.

18. En my volk sal woon in ’n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.

19. Maar dit sal hael as die bos inmekaarstort en die stad wegsak in die laagte.

20. Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai, wat die voet van os en esel vry laat loop!

Lees volledige hoofstuk Jesaja 32