Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 32:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. KYK, ’n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg.

2. En elkeen sal wees soos ’n toevlug teen die wind en ’n skuiling teen die stortreën, soos waterstrome in ’n dor streek, soos die skaduwee van ’n swaar rots in ’n land wat versmag.

3. Dan sal nie meer verblind wees die oë van die wat sien nie; en die ore van hulle wat hoor, sal luister;

4. en die hart van die onbedagsames sal leer om te verstaan, en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te spreek;

5. die dwaas sal nie meer ’n edele genoem word nie, en van die skelm sal nie gesê word dat hy vernaam is nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 32