Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 31:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WEE hulle wat na Egipte aftrek om hulp en hulle verlaat op perde, en wat vertrou op strydwaens, omdat daar baie is, en op ruiters, omdat hulle baie talryk is, maar hulle sien nie op die Heilige van Israel en hulle soek nie die Here nie.

2. Nogtans is Hy ook wys, en Hy laat die onheil kom en trek sy woorde nie terug nie: Hy sal opstaan teen die huis van die kwaaddoeners en teen die helpers van die wat ongeregtigheid werk.

3. Ja, die Egiptenaars is mense en nie God nie, en hulle perde is vlees en nie gees nie; as die Here sy hand uitstrek, dan struikel die helper, en wie gehelp is, val; en saam gaan hulle almal te gronde.

4. Want so het die Here vir my gesê: Soos ’n leeu en ’n jong leeu knor oor sy prooi wanneer die volle getal herders teen hom bymekaargeroep word, sonder dat hy skrik vir hulle stem of ingee vir hulle geraas — só sal die Here van die leërskare neerdaal om in die stryd uit te trek teen die berg Sion en teen sy heuwel.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 31