Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 27:7-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Het Hy hom geslaan met die slag wat sy teëstander getref het? Of is hy gedood met ’n slagting soos die wat deur Hom gedood is?

8. Met mate het U met hom afgereken toe U hom verstoot het; Hy het hom verdrywe met sy geweldige wind op die dag van die oostewind.

9. Daarom sal hiermee die skuld van Jakob versoen word, en dit is die volle vrug van die wegneming van sy sonde: as hy al die altaarklippe maak soos verbryselde kalkklippe, die heilige boomstamme en die sonpilare nie meer oprys nie.

10. Want die versterkte stad is eensaam, ’n woning wat ontvolk en verlate is soos die woestyn; daar wei kalwers en daar lê hulle, en hulle eet sy takke af.

11. As sy takke verdor het, word hulle afgebreek; vroue kom en steek dit aan die brand; want dit is ’n volk sonder verstand. Daarom sal hulle Maker Hom nie oor hulle ontferm nie en sal hulle Formeerder aan hulle geen genade bewys nie.

12. En in dié dag sal die Here vrugte afslaan, van die stroom van die Eufraat af tot by die spruit van Egipte, en júlle sal ingesamel word, een vir een, o kinders van Israel!

13. En in dié dag sal daar met ’n groot basuin geblaas word; dan sal kom die wat verlore is in die land Assur en die wat verdryf is in Egipteland, en hulle sal die Here aanbid op die heilige berg in Jerusalem.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 27