Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 22:15-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. SO sê die Here, die Here van die leërskare: Kom, gaan in by daardie bestuurder, by Sebna, wat oor die paleis aangestel is, en sê:

16. Wat het jy hier, en wie het jy hier, dat jy vir jou hier ’n graf uitgekap het soos een wat in die hoogte sy graf uitkap, wat in die rots vir hom ’n woning uithol?

17. Kyk, die Here sal jou wegslinger, soos ’n man iets wegslinger, en jou vas inmekaar rol,

18. jou vas inmekaar draai soos ’n tol garing, jou soos ’n bal wegslinger na ’n land wat alkante toe wyd is; daar sal jy sterwe, en daar sal jou pronkwaens wees, o skandvlek van die huis van jou heer!

19. En Ek sal jou wegstoot uit jou pos, en uit jou plek sal Hy jou wegruk.

20. En in dié dag sal Ek my kneg Éljakim, die seun van Hilkía, roep;

21. en Ek sal hom jou gewaad aantrek en hom gord met jou gordel, en jou mag sal Ek in sy hand lê, en hy sal vir die inwoners van Jerusalem en vir die huis van Juda ’n vader wees.

22. En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie.

23. En Ek sal hom inslaan soos ’n pen in ’n vaste plek, en hy sal ’n eretroon wees vir die huis van sy vader.

24. En hulle sal aan hom ophang die hele swaarte van die huis van sy vader, die spruite en die wilde lote, al die klein huisraad, van komme af tot allerhande kruike toe.

25. In dié dag, spreek die Here van die leërskare, sal die pen padgee wat in ’n vaste plek ingeslaan is: dit word afgebreek en val, en die drag goed wat daaraan hang, raak tot niet, want die Here het dit gespreek.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 22