Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 21:12-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Die wagter sê: Die môre kom, en ook die nag. Wil julle vra, vra; keer terug, kom.

13. GODSPRAAK teen Arabië. In die bos in Arabië moet julle vernag, karavane van die Dedaniete!

14. Bring vir die dorstige water tegemoet! Die inwoners van die land Tema het die vlugteling met brood teëgekom.

15. Want hulle het gevlug vir swaarde, vir die swaard wat uitgetrek en vir die boog wat gespan is, en vir die druk van die oorlog.

16. Want so het die Here vir my gesê: Binne ’n jaar — soos die jare van ’n dagloner — sal al die heerlikheid van Kedar verdwyn.

17. En wat oorbly van die getal boë van die Kedareense helde, sal min wees; want die Here, die God van Israel, het dit gespreek.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 21