Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 20:3-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Daarop het die Here gesê: Soos my kneg Jesaja naak en kaalvoet geloop het, drie jaar lank, as teken en sinnebeeld met betrekking tot Egipte en Kus,

4. so sal die koning van Assirië die gevangenes van Egipte en die ballinge van Kus wegdrywe, jonk en oud, naak en kaalvoet en ontbloot aan die agterdele — ’n smaad vir Egipte.

5. En hulle sal verslae wees en beskaamd staan vanweë Kus, hulle toeverlaat, en vanweë Egipte, hulle trots.

6. En die inwoners van hierdie kusland sal in dié dag sê: Kyk, só gaan dit met ons toeverlaat waarheen ons gevlug het om hulp, om gered te word van die koning van Assirië — hoe sal óns dan ontvlug?

Lees volledige hoofstuk Jesaja 20