Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 19:11-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Die vorste van Soan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is ’n seun van die wyse manne, ’n seun van die konings uit die voortyd?

12. Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat ’n mens kan weet wat die Here van die leërskare oor Egipte besluit het.

13. Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is bedroë; Egipte is op ’n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.

14. Die Here het daarin ’n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op ’n dwaalweg gebring in al sy werk, soos ’n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.

15. So is daar dan vir Egipte geen werk wat gedoen word deur kop of stert, palmtak of biesie nie.

16. In dié dag sal die Egiptenaars wees soos die vroue: hulle sal bewe en vrees vir die handgeswaai van die Here van die leërskare wat Hy teen hulle swaai.

17. En die land Juda sal vir die Egiptenaars ’n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die Here van die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.

18. In dié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die Here van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.

19. In dié dag sal daar ’n altaar wees vir die Here binne-in Egipteland en ’n gedenksteen vir die Here by die grens.

20. En dit sal wees ’n teken en ’n getuie vir die Here van die leërskare in Egipteland; as hulle die Here aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle ’n redder stuur en ’n stryder wat hulle sal verlos.

21. En die Here sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die Here ken in dié dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die Here en dit betaal.

22. En die Here sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die Here bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.

23. In dié dag sal daar ’n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met Assirië die Here dien.

24. In dié dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, ’n seën in die midde van die aarde,

Lees volledige hoofstuk Jesaja 19