Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 19:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. GODSPRAAK oor Egipte. Kyk, die Here ry op ’n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.

2. En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.

3. En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 19